• 230 g (250 ml) groen splitertjies
  • 2 liter water
  • 30 ml olyfolie
  • 2 gerookte varkskenkels (eisbeins)
  • 4 preie, in ringe gesny
  • 2 selderystingels, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 kruienaeltjies
  • vars brood van jou keuse vir voorsit

AAND VOOR DIE TYD

Week splitertjies oornag in 2 liter water.

VOLGENDE DAG

Verhit olyfolie in ’n groot pot. Voeg skenkels by en braai tot bruin reg rondom. Voeg preie en seldery by en braai tot groente sag is. Voeg geweekte ertjies met water by en bring tot kookpunt. Geur met sout en peper. Voeg naeltjies by. Maak pot toe met deksel, verlaag die hitte en prut vir 4 uur. Roer elke nou en dan deur en voeg water by soos dit afkook. Sodra die vleis van die been afval, is dit reg. Haal die skenkels uit die pot en vlok al die vleis af. As die sop te dik word, kan jy ’n klein bietjie water byvoeg. Sit sop voor in klein bakkies saam met brood van jou keuse.