As jy lief is vir karamel, sjokolade én koffie, is hierdie meneer net vir jou. 

Soutkaramel-mocha

WAARSKUWING: Jy gaan hierdie elke dag wil drink!

Bestanddele

  • ’n teelepel karamelsous
  • 3/4 koppie melk
  • ’n skeut espresso
  • ’n teelepel sjokoladesous
  • ’n skeppie room
  • ekstra karamelsous om oor te drup
  • ekstra sjokoladesous om oor te drup
  • ’n knippie seesoutvlokkies (verkieslik Maldon) 

Maak só

Marmeer die kante van die beker met die karamelsous. Skuim die melk en gooi dit in die beker. Voeg die espresso en sjokoladesous by. Klop die room en skep bo-op die koffiemengsel. Drup die ekstra karamel- en sjokoladesous oor en besprinkel met seesoutvlokkies. Versier met karamelstroop- of sjokoladeskerwe.

Wenk

Die mocha is op sy lekkerste as jy tuisgemaakte karamelsous gebruik. 

KOS
FOTO Marzanne Schoeman