Die heerlike resep het in SARIE KOS se Lente 2020-uitgawe verskyn.

Geurige alles-in-een-pan-rys

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g-sak gegeurde rys
  • 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
  • 1 hand vol vars koljanderblare, fyngekap
  • 5 ml droë brandrissievlokkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 6 eiers

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in oondvaste pan. Braai uie en knoffel vir 2-3 minute. Voeg rys by en braai nog 1 minuut. Voeg tamaties, koljander en rissievlokkies by. Geur goed met sout en peper en meng deur. Maak rys gelyk in pan en maak 6 holtes in rys met agterkant van lepel. Breek eiers in holtes en plaas pan in warm oond. Bak vir 10-12 minute of tot eiers so gaar is soos jy verkies. Sit warm voor.