Vat kortpad met SPAR Freshline se hoendersop, voeg sitrusgeure by en bak dit onder ’n kombers van blaardeeg. 

genoeg vir 4

  • 2 x 500 g-pakke SPAR Freshline Chunky Chicken Soup 
  • sap en gerasperde skil van 4 SPAR Freshline-lemoene 
  • 2 x 400 g-rolle SPAR-blaardeeg (puff pastry) 
  • 1 eier, geklits 
  • 8 snye SPAR Freshline-olyfciabatta 
  • 100 g gruyèrekaas, gerasper 

Verhit oond tot 180 °C. Plaas SPAR Freshline Chunky Chicken Soup in ’n middelslagpot en voeg sap en skil van lemoene by. Meng deur, dis nie nodig om dit warm te maak nie. Plaas 4 oondvaste bakkies met ’n volume van 350 ml elk op ’n bakplaat en verdeel sop tussen bakkies. Sny 4 sirkels sowat 2 cm groter as bakkies uit blaardeeg. Plaas ’n sirkel op elke bakkie sop en vou rande oor bakkie. Verf deeg met eier. Bak vir sowat 15-20 minute in warm oond of tot deeg goudbruin en bros is. Terwyl pastei bak, plaas snye SPAR Freshline-olyfciabatta op ’n bakplaat en sprinkel kaas oor. Bak vir 8-10 minute tot kaas gesmelt het en begin verbruin. Sit sop voor met kaasbroodjies.