Indiese kondensmelk-roomys

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 8-12

  • 385 g-blik kondensmelk
  • 250 ml ingedampte melk
  • 250 ml dubbeldik room
  • ’n knippie fyn kardemom
  • ’n knippie sa raan (opsioneel)
  • 100 g witsjokolade, fyngekap
  • 100 g pistasieneute, fyngekap
  • eetbare gedroogde roosblare

Plaas kondensmelk, ingedampte melk en room in mikrogolfbestande bak. Voeg kardemom en saff raan by. Mikrogolf op hoog vir 5 minute. Voeg witsjokolade by en mikrogolf nog 5 minute. Roer neute by en verdeel tussen roomysvorms van jou keuse. Vries oornag. Haal uit vorms en versier met roosblare. Sit voor.