RESEP: Kaaskoek

FOTO Michael le Grange

genoeg vir een 18 cm-koek

  • 200 g klapperkoekies (tennisbeskuitjies), fyngemaak
  • 80 g (85 ml) botter, gesmelt
  • 2 x 385 g-blikke kondensmelk
  • 2 x 230 g-houers geroomde maaskaas
  • 250 ml vars suurlemoensap
  • grenadellapulp of vars vrugte van
  • jou keuse vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Meng koekiekrummels en botter saam tot die tekstuur van klam seesand. Spuit 18 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei en voer pan uit met koekiekrummels vir kors. Plaas kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap in bak van elektriese menger en klits by hoë spoed tot gladde mengsel. Giet mengsel in kors. Bak in warm oond vir 30 minute. Draai temperatuur af en laat staan koek in oond tot afgekoel. Haal uit oond en plaas in yskas tot yskoud. Verwyder uit pan en plaas op dienbord. Sit voor met grenadellapulp of vars vrugte van jou keuse