RESEP: Kampvuur-kerrie met roti-stokbrood

akkreditasie

Hierdie heerlike resep kom uit SARIE KOS se Somer 2021-uitgawe, nóú te koop en ook beskikbaar in Engels as SARIE FOOD.

genoeg vir 6

Kry kole mediumwarm – jy gaan dit heeltyd moet aanvul soos die kos gaar word. Verhit olyfolie in ’n swaarboomkastrol oor warm kole tot warm. Voeg uie en knoffel by en roerbraai 2 minute. Voeg speserye by en roerbraai 5 minute – gooi ’n bietjie water by as dit lyk of die speserye gaan brand. Voeg klappermelk en tamatiepuree by. Verhit tot kookpunt en plaas hoender in die sous. Geur goed met sout en peper. Laat prut bedek vir sowat 35-40 minute of tot gaar. Terwyl kerrie prut, maak stokbrood: Plaas water, olyfolie en sout in middelslagmengbak. Roer met houtlepel terwyl jy meel geleidelik byvoeg totdat die deeg ’n stywe, kniebare vorm het. Knie vir sowat 5-8 minute op meelbestrooide werkvlak of tot deeg glad en elasties is. Plaas deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is en laat rus 15 minute op ’n warm plek. Rol deeg op meelbestrooide werkvlak tot so 3mm dik uit. Verf hele stuk deeg met gesmelte botter. Rol deeg op in ’n lang wors en sny in 12stukke. Rol elke stuk in ’nlang wors van sowat 20cm, draai in ’n spiraal om die punt van ’n dikkerige stok en druk die voorste punt goed vas. Braai oor warm kole, sowat 30cm weg, tot goudbruin en gaar, 15-20minute.Voeg botterbone en koljander by kerrie. Roer deur en sit voor met stokbrood.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees