Karingmelk-poeding

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

  • 200 g (250 ml) suiker
  • 15 ml sagte botter
  • 3 eiers
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 250 ml karringmelk
  • 500 ml volroommelk
  • 5 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 180 °C. Spuit ’n oondbak van sowat 25 cm in deursnee deeglik met kleefwerende kossproei. Klits suiker en botter saam. Voeg eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Sif meel by, voeg dan res van bestanddele by en klits goed tot ’n gladde beslag. Die beslag is baie loperig, maar dis reg so. Keer uit in voorbereide oondbak en bak vir sowat 1 uur of tot gestol en goudbruin bo-op. Sit voor met vanieljeroomys en vars grenadellas.