Kerrievarksosaties

genoeg vir 12

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 cm vars gemmer, geskil en in skywe gesny
  • 60 ml mediumsterk kerriepoeier
  • 6 suurlemoenblare (ja, van die boom af!)
  • 750 ml witwynasyn
  • 300 g-houer appelkooskonfyt
  • 250 ml koue water
  • 45 ml mielieblom
  • 4 groot varkfilette, in happiegrootte blokkies gesny
  • 8 gerookte varkrepe van die been af (smoked rashers), net so groot soos die filetblokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ongegeurde jogurt vir voorsit

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg uie, knoffel en gemmer by. Roerbraai vir 2 minute. Voeg kerriepoeier by en braai vir nog 1 minuut. Voeg suurlemoenblare, asyn en appelkooskonfyt by. Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute. Meng water  en mielieblom en gooi by mengsel terwyl jy roer. Kook vir 5 minute. Ryg blokkies filetvleis om die beurt met varkreepblokkies op sosatiestokke. Plaas in metaal- of glasbak en geur goed met sout en peper. Gooi warm kerriesous oor en marineer vir 24 uur. Braai oor warm kole tot goudbruin en gaar. Sit voor met jogurt.