Bestanddele
- Koffie
- 1 pakkie warmsjokolade
- ½ teelepel pepermentstroop
- ’n Bietje melk
- Geklopte room (sommer uit die blik)
- Kersboomkoekie (opsioneel)
Metode
Maak die koffie en roer die pakkie warmsjokolade by vir ’n heerlike mocha. Voeg dan ’n halwe teelepel pepermentstroop by en roer weer. Gooi ’n bietjie melk by en rond die peperment-mocha af met geklopte room en ’n Kersboomkoekie. Die gemmerkoekie wat ons gebruik het is van Harck & Heart in Stellenbosch.
Wenk: Jy kan ook in plaas van ’n koekie die koffie afrond met ’n lekkergoedriet (candy cane)
Só maak jy pepermentstroop
Bestanddele
- ’n Koppie water
- ’n Koppie witsuiker
- 1 teelepel pepermentekstrak
Metode
Bring die water en suiker tot kookpunt in ’n klein souspan op die stoof. Verminder die hitte tot medium en voeg dan die teelepel pepermentekstrak by. Roer die deurentyd vir so 3 -5 minute. Haal die stroop van die hitte af en laat dit afkoel voor jy dit in ’n glashouer bêre.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET