Lesers, ontmoet die koeksister-koffie! Die resep is maklik.

Bestanddele

  • Filterkoffie
  • 15 ml stroop of heuning
  • Geskuimde melk
  • 3 koeksisters (gekoop)

Metode

Brou die koffie. Gooi die koffie in 'n blikbeker. Voeg die stroop en melk by en rond af met koeksisters. Die koffie is heerlik soet en sal jou skoon nostalgies laat voel. As jy nóg meer nostalgies wil gaan vervang die stroop met kondensmelk!

KOS
FOTO Marzanne Schoeman