genoeg vir 6-8

  • 385 g-blik kondensmelk
  • 10 ml gemengde speserye
  • 300 ml melk
  • 12 spekulaaskoekies (Nederlandse speserykoekies)

Plaas kondensmelk, speserye en melk in middelslagpot en roer oor lae hitte tot net onder kookpunt. Gooi in vlak vrieskasbestande bak en vries vir 3-4 uur. Roer met ’n vurk en smeer gelyk. Vries verder tot hard. Skep balle roomys in mooi glase van jou keuse en krummel koekies oor. Sit voor.