Kondensmelkkoek

FOTO Michael le Grange

genoeg vir een 22 cm-koek

  • 385 g-blik kondensmelk
  • 180 g (310 ml) bruismeel
  • 4 eiers
  • 60 g (65 ml) botter, gesmelt
  • versiersuiker vir oorsif
  • karamelkondensmelk vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 22 cmlosboomkoekpan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. (Of gebruik ’n patroonpan met ’n volume van 2 liter.) Plaas al die bestanddele behalwe die versiersuiker in ’n mengbak en klits by hoë spoed tot gladde beslag. Gooi in voorbereide pan en bak 30-40 minute in warm oond of tot toetspen skoon uitkom. Keer uit op dienbord en sif versiersuiker oor. Sit voor met karamelkondensmelk.