Probeer gerus ons weergawe – dis heerlik!

genoeg vir 1

Vir die laventelstroop

Bestanddele

  • 30 ml droë laventelblomme
  • 250 ml suiker
  • 250 ml water

Metode

Bring die suiker, water en laventelblomme saam tot kookpunt in ’n klein kastrolletjie oor medium hitte. Laat prut dit vir so 5 minute. Laat die stroop ’n bietjie afkoel en syg die stroop deur. Laat die stroop heeltemal afkoel voor jy dit in die yskas bêre. Die stroop kan tot twee weke in ’n lugdigte houer in die yskas gebêre word.

Vir die latte

Bestanddele

  • 15 ml laventelstroop
  • 200 ml melk, geskuim
  • ’n skeut espresso
  • 15 ml heuning

 Kombineer al die bestanddele in ’n glas en geniet.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman