genoeg vir 40

  • 250 g (270 ml) botter
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 2,5 ml sout
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 650 ml gerasperde cheddarkaas
  • 250 ml appelkooskonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Room botter in bak van elektriese menger tot lig en romerig. Voeg meel, sout en bakpoeier by en meng goed. Voeg kaas by en meng tot ’n stywe deeg. Rol die deeg in balletjies die grootte van jou keuse en plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Druk in elke koekie ’n gaatjie met die steel van ’n houtlepel, maar moenie die steel regdeur druk nie. Skep ’n mespuntjie konfyt in die gaatjie. Bak sowat 10-15 minute of tot opgepof en ligbruin. Laat afkoel en plaas in ’n lugdigte houer.