Koek

  • 160 g (250 ml) rosyntjies
  • 135 g (250 ml) korente
  • 160 g (250 ml) sultanas
  • 115 g (125 ml) dadels
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 110 g (120 ml) botter
  • 250 ml water
  • 80 g (125 ml) versuikerde lemoenskil
  • 200 g (250 ml) glanskersies
  • 5 ml koeksoda
  • 2 eiers
  • 250 g (445 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 ml sout
  • 75 g (125 ml) gemengde neute
  • 50 ml brandewyn plus ekstra brandewyn vir later oorgooi (100 ml per week)
  • 125 ml fyn appelkooskonfyt
  • 500 g-houer marsepein

Versiersel

  • 500 g-houer wit fondantversiersel
  • versiersuiker vir uitrol
  • koskleursel van jou keuse
vrugtekoek
FOTO Lee Malan

1. Voer ’n 20 cm-koekpan heeltemal met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei. Vat 4 velle koerantpapier en vou in die breedte in 3. Draai om die pan. Plaas nog 3 velle wat in 3 gevou is onder die koekpan. Vou boontoe en bind vas met tou. Verhit oond tot 170 °C.

vrugtekoek
FOTO Lee Malan

2. Plaas rosyne, korente, sultanas, dadels, suiker, botter en water in middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat kook vir 20 minute. Voeg skil en kersies by. Verwyder van hitte en roer koeksoda by terwyl die mengsel nog warm is. Laat afkoel. Voeg eiers, meel, bakpoeier en sout by. Roer neute en 50 ml brandewyn by. Gooi mengsel in uitgevoerde pan.

vrugtekoek
FOTO Lee Malan

3. Plaas in oond en bak vir 20 minute. Draai oond se hitte af na 150 °C en bak vir 2 – 3 uur of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer koek uit. Gooi 100 ml brandewyn oor en draai koek dig toe met foelie en kleefplastiek. Maak elke week oop en gooi nog 100 ml brandewyn oor. Hou so aan tot jy reg is om die koek te versier.

vrugtekoek
FOTO Lee Malan

4. Verhit appelkooskonfyt in ’n klein potjie. Verf konfyt oor hele koek met ’n kombuiskwas. Rol marsepein uit op werkvlak wat met mielieblom gesprinkel is. Plaas op koek en druk stewig vas. Sny dele wat oorhang netjies af.

Versier só:

Rol fondant-versiersel tot sowat 5 mm dik uit op werkvlak waarop versiersuiker gesif is. Plaas oor marsepeinlaag en druk stewig vas. Sny dele wat oorhang netjies af. Kleur res van fondant in kleur van jou keuse en rol weer uit. Sny patrone uit en plaas op koek.