Melksnysels

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 6

  • 240 g (430 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
  • 3 ml sout
  • 3 eiers, geklits
  • 2 liter melk
  • 15 ml botter
  • kaneelsuiker vir voorsit
  • hand vol gekrummelde vanieljekoekies vir voorsit
  • bloubessies vir voorsit

Plaas meel en sout in mengbak. Voeg geklitste eier geleidelik by terwyl jy met houtlepel meng tot stywe, kniebare deeg. Knie vir 3-4 minute of tot deeg gladde voorkoms het. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 1 uur. Sprinkel meel op werkvlak en rol deeg uit tot sowat 3 mm dik. Sprinkel deeg ruim met meel en rol in stywe wors. Sny met ’n skerp mes die deegwors in skywe van 2 mm breed. Skud deegsirkels los vir snysels. Bring melk en botter tot kookpunt in ’n groot pot en voeg snysels by terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut tot snysels sag en gaar is en melk romerig verdik. Roer elke nou en dan.  Verwyder van hitte. Sit voor met lepels vol kaneelsuiker, koekiekrummels en vars bessies.