Hierdie heerlike resep kom uit SARIE KOS se Somer 2021-uitgawe, nóú te koop en ook beskikbaar in Engels as SARIE FOOD. 

Middel-van-die-week-lamsbredie

genoeg vir 6

  • 100 ml olyfolie
  • 185 ml witwyn
  • 3 ml swartpeper
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml droë origanum
  • 5 ml fyn komyn
  • sap en gerasperde skil van
  • 1 suurlemoen
  • 1 kg kort lamskenkels
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 groot tamaties, in kwarte gesny
  • 1 kaneelstok
  • 600 g baba-aartappels, geskil
  • 1 hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap

Aand voor jy bredie maak: Meng olyfolie, wyn, peper, knoffel, origanum, komyn, suurlemoensap en -skil saam in groot bak. Pak lam in glasbak en gooi wynmengsel oor. Geur met sout en peper en laat staan oornag in yskas. Maak nou bredie: Verhit groot pot tot warm. Haal lam uit marinade en braai net so in droë pot tot goudbruin reg rondom, sowat 5 minute (onthou, daar is reeds olie op die lam van die marinade). Voeg marinade by en mengdeur. Voeg tamaties en kaneelstok by. Maak pot toe en laat stadig stowe vir 2-3 uur of tot lam van been af val – voeg ekstra water by indien nodig. Voeg aartappels laaste 30 minute van kooktyd by en stowe tot sag. Verwyder van hitte, proe en pas geurmiddels aan. Sprinkel pietersielie oor en sit voor met rys en blatjang.