Warm vetkoek met stroop of appelkooskonfyt, met kaas daarby, is die beste ontbyt ter we^reld. En met die´ maklike resep kan jy dit ook weeksoggende maak.

genoeg vir 8-10 vetkoeke

* 200 g (360 ml) koekmeel

* 10 ml bakpoeier

* 15 ml suiker

* 3 ml sout

* 250 g bevrore mieliepitte

* 2 eiers

* 250 ml melk

* 500 ml sonneblomolie vir diepbraai

Sif meel, bakpoeier, suiker en sout saam in ’n mengbak. Voeg mieliepitte by en meng. Klits eiers en melk saam. Voeg eiermengsel geleidelik by droe¨ bestanddele en meng goed. Dis ’n skepdeeg. Verhit olie in ’n diep pan. Doop ’n eetlepel in die warm olie en skep lepels vol van die deeg in diepan – die olie sal sorg dat die deeg maklik van die lepel afgly. Braai die vetkoeke tot goudbruin en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor met kaas en konfyt.