Uit die splinternuwe SARIE KOS Somer 2021, nóú te koop.

Klik hier vir die Afrikaanse uitgawe.

Klik hier vir die Engelse uitgawe.

RESEP: Ouma Bettie se skons

genoeg vir 8-10

* 75 g koue botter, in blokkies gesny

* 280 g (500 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol

* 50 g (60 ml) strooisuiker

* 10 ml bakpoeier

* 2 eiers, elkeen apart liggies geklits

* 5 ml vanieljegeursel

* 120 ml melk

* 250 ml room, geklop tot sagte punte vorm

* tuisgemaakte aarbeikonfyt

Verhit oond tot 180 °C. Sit botter,  koekmeel, strooisuiker en bakpoeier in ’n middelslagmengbak. Vryf alles saam met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Meng een van die geklitste eiers, die vanieljegeursel en melk saam. Voeg by droë mengsel en meng liggies tot deeg vorm. Sprinkel meel op werkvlak en keer deeg daarop uit. Druk deeg met jou vingerpunte plat tot sowat 4cm dik. Gebruik nou ’n ronde koekiedrukker met ’n deursnee van 7cm en druk sirkels uit die deeg. Plaas deegsirkels op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is en verf sirkels met oorblywende eier. Bak vir sowat 25-30minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Sit voor met geklopte room en aarbeikonfyt.