Genoeg vir 12

  • 2 x 365 g-blikke karamelkondensmelk
  • 500 ml room
  • 100 g kruisementsjokolade, gerasper
  • 12 roomyshorinkies

Plaas kondensmelk, room en sjokolade in elektriese menger se bak en klits by hoë spoed tot romerige mengsel. As jy ’n roomysmasjien het, volg die aanwysings. So nie, gooi die mengsel in ’n vlak bak en maak toe met kleefplastiek. Plaas die bak in die vrieskas. Roer die roomys elke uur tot gevries. Skep balle van die roomys en sit voor op horinkies.