Dis deesdae ’n gonswoord onder party hondeliefhebbers, danksy Starbucks en ander koffiewinkels wat begin het om ’n pikante bederf vir woef te maak. Puppuccino is doodeenvoudig om te maak, dit bestaan slegs uit twee bestanddele.

Bestanddele

  • 60 ml room 
  • 1 hondebeskuitjie

Metode

Klop die room en gooi dit in ’n espresso-koppie. ’n Klein wegneemkoppie werk die beste - onthou om te herwin! Rond die puppuccino af met ’n jou woef se gunsteling hondebeskuitjie.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman

ONTHOU

Matigheid is koning. Suiwelprodukte soos room is nie skadelik vir hondekinders nie, mits dit in matigheid gegee word. Ons stel voor dat jy jou woef slegs een keer elke paar maande met ’n puppuccino bederf.