GENOEG VIR 24

  • 2 eierwitte
  • 260 g (500 ml) versiersuiker, gesif
  • 24 sjokoladekoekies
  • 100 g kleurstrooisels (hundreds and thousands)
FOTO Michael le Grange

Meng eierwitte en versiersuiker met draadklitser tot gladde mengsel. Voer bakplaat met bakpapier uit. Dompel koekies in versiersuikermengsel en lig uit met vurk. Laat ekstra mengsel afloop. Plaas op bakplaat. Herhaal met al die koekies. Sprinkel strooisels oor en laat staan tot gestol en hard – sowat 4 uur. Sit voor.