Bestanddele

  • ’n Paar blokkies melksjokolade
  • ’n Bietjie melk
  • Malvalekkers
  • Pretzels
  • Rooi Smarties
  • Koffie of warmsjokolade van jou keuse
  • Geklopte room (gebruik sommer die in die blik)

 

Metode

Smelt ’n paar blokkies melksjokolade saam met ’n bietjie melk vir ’n paar sekondes in die mikrogolf. Hou dit heeltyd dop, die sjokolade kan vinnig brand. Doop die malvalekkers in die gesmelte sjokolade en druk dadelik ’n rooi Smartie vir die takbok se neusie vas op die voorpunt van die malvalekker. Breek ’n pretzel in die helfte en sit dit vas as die takbok se horings. Sit dit dan vir ’n paar minute in die yskas sodat die sjokolade kan stol. Sodra die sjokolade gestol het kan jy’n koppie koffie of warmsjokolade maak soos jy dit gewoonlik drink. Spuit room op die warmdrankie en plaas die takbok-malvalekkers versigtig op die room. Siedaar jou takbok-latte! Perfek vir Kersfees.