’n Tiramisu-latte is laag op laag lekkerte. Dit bevat byna al die elemente wat nodig is vir die heerlike Italiaanse nagereg – room, sjokolade, koffie, vingerkoekies en likeur.

KOS
FOTO Marzanne Schoeman

Tiramisu-latte 

genoeg vir 1 

Bestanddele

  • 15 ml sjokoladesous
  • 200 ml melk, geskuim
  • ’n skeut espresso
  • 15 ml koffielikeur, amaretto, sjerrie of brandewyn  
  • 1 vingerkoekie (Boudoir)
  • geklopte room
  • kakaopoeier vir oorsif
  • sjokoladeblokkie vir oor rasper
KOS
FOTO Marzanne Schoeman

Metode

Gooi die sjokoladesous in ’n koffiebeker, gevolg deur die melk, espresso en likeur. Plaas die vingerkoekie op die rand van die beker en skep room oor. Sif die kakaopoeier oor en rasper dan die sjokoladeblokkie oor. Geniet dit!

KOS
FOTO Marzanne Schoeman