RESEP: Ystervarkies

FOTO Michael le Grange

genoeg vir 12-14

  • 230 g (250 ml) sagte botter
  • 250 g (310 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 420 g (750 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 250 ml melk
  • 500 g fyn klapper

STROOP

  • 60 ml kakaopoeier
  • 375 ml water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 15 ml botter

Verhit oond tot 200 °C. Klits botter ensuiker tot lig en romerig. Voeg eiers een-een by en klits elke keer goed. Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by bottermengsel. Giet in gesmeerde vierkantige pan van 22 x 22 cm en bak vir 20-30 minute. Haal uit oond en laat afkoel. Sny in 12 blokkies (of kleiner). Plaas klapper in pan en rooster oor lae hitte tot ligbruin. Bring stroopbestanddele saam tot kookpunt in kastrol en laat kook 2 minute. Doop blokkies ’n paar sekondes lank in stroop en rol dan in klapper.