Roomsagte sampioen-risotto met anyskrummels, roos en radys

akkreditasie
Roomsagte sampioen-risotto met anyskrummels, roos en radys FOTO Michael le Grange
Roomsagte sampioen-risotto met anyskrummels, roos en radys FOTO Michael le Grange
Vir my laaste maal op aarde gaan ek vra vir risotto, presies soos dié een. Die ekstra juwele is wat die gereg buitengewoon maak. Anyskrummels, vir ’n anderste tekstuur, en die kroon roosstroop, wat die geure van die aardse sampioene, nostalgiese anys en skerp radys alles byeenbring.

genoeg vir 6

Anyskrummels

  • 10 croissants
  • 20 ml anyssaad

Sampioenrisotto

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
  • 250 g bruin sampioene, gesny
  • 380 g (500 ml) arboriorys
  • 125 ml droëwitwyn
  • 1,5 liter hoenderaftreksel
  • 100 g (110 ml) botter
  • 50 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Vir voorsit

  • ’n paar druppels roosstroop
  • 6 radyse, in papierdun skyfies gesny

Anyskrummels

Verhit oond tot 180 °C. Breek croissants in growwe stukke en plaas op bakplaat. Sprinkel anys oor en plaas in oond vir 20-25 minute of tot uitgedroog soos beskuit. Laat afkoel en pols tot fyn krummels in voedselverwerker. Hou eenkant.

Risotto

Verhit olyfolie tot warm in groot pot. Voeg ui, knoffel, gemmer, sampioene en rys by. Roerbraai vir 1-2 minute of tot uie begin verbruin. Gooi wyn by en roer tot wyn weg-gekook het. Gooi 500 ml aftreksel by en meng deur. Maak pot toe en laat kook vir 5 minute of tot rys vloeistof geabsorbeer het. Herhaal met res van aftreksel 500 ml op ’n slag. Sodra al die vloeistof geabsorbeer is, verwyder van die hitte en voeg botter en parmesaan by. Roer tot romerige mengsel. Proe en geur met sout en peper. Vir voorsit Skep lepels vol risotto in elke dienbord. Sprinkel ’n lepel vol anyskrummels oor. Drup roosstroop oor en garneer met snye vars radys.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees