Genoeg vir 1 koek
Smelt witsjokolade in glasbak oor pot met pruttende water. Kleur pienk met poeierkleursel – vloeibare kleursel werk nie met sjokolade nie. Skep lepels vol van die sjokolade op bakpapier en trek met die agterkant van ’n eetlepel daardeur vir lang ovaalvorms. Laat stol in yskas. Doop 5-liter-roomyshouer vinnig in kookwater en keer uit op koekstaander – die roomys is reeds in koekvorm. Smeer kante gelyk met slaplemmes. Plaas koek met staander en al terug in vrieskas.
Skep balle aarbeiroomys op ’n bakplaat en plaas in vrieskas sodat die balle lekker hard vries.