HERMAN LENSING, Kosredakteur van SARIE

Dankie, SARIE, dat ek al tien jaar deel kan wees van jou wêreld. Hierdie grootoogdromer van die Kalahari sou nooit kon dink dat ek eendag sélf resepte gaan deel op hierdie blaaie wat my as kind so dikwels geïnspireer het nie.

Herman Lensing
Herman Lensing

Herman se suikerbekkiekoek

genoeg vir 1 dubbellaagkoek

KOEK

  • 420g (750 ml) bruismeel
  • 15 ml koeksoda
  • 1 ml sout
  • 250 ml sonneblomolie
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 320 g (750 ml) gerasperde wortel
  • 1 blik (440 g) fyn pynappel, gedreineer
  • 3 piesangs, fyngedruk

VERSIERSEL

  • 1 houer (250 g) gladde maaskaas
  • 350 g (365 ml) botter
  • 350 g versiersuiker, gesif
  • vars rose vir versiering

KOEK

Verhit oond tot 180 °C. Voer twee 20 cm-losboompanne met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Sif bruismeel, koeksoda en sout saam. Klits olie,suiker en eiers saam. Voeg oliemengsel by droë bestanddele en meng goed. Vou wortel, pynappel en piesang in. Verdeel beslag tussen panne en bak vir 35-40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit op draadrakke en laat afkoel.

VERSIERSEL

Klop maaskaas en botter tot romerig. Voeg versiersuiker by en klits goed. Plaas eerste koek op bord en smeer helfte van versiersel oor koek. Plaas tweede koek bo-op en smeer res van versiersel oor. Versier met vars rose.