Sjokolade-fudgekoek

akkreditasie
FOTO Donna Lewis
FOTO Donna Lewis
Eugene Joubert van Pretoria het dié resep vir SARIE KOS ingestuur. Dis so klam dat jy dit sonder versiersel kan eet. Of gebruik gewone botterversiersel.
  • Lesersresep uit Pretoria
  • Lekker eenvoudig
  • Klam met ’n koffiesmaak
  • Nog lekkerder die volgende dag

8–10 porsies

• 420 g (750 ml) koekmeel

• 300 g (325 ml) suiker

• 200 g (250 ml) bruinsuiker

• 65 g kakao

• 7,5 ml koeksoda

• 5 ml bakpoeier

• 5 ml sout

• 3 groot eiers

• 315 ml karringmelk

• 10 ml vanielje-ekstrak

• 145 ml sonneblomolie

• 315 ml varsgemaakte filterkoffie

Botterversielsel

• 500 g sagte botter

• 650 g versiersuiker, gesif

• 45 ml kakaopoeier

• 10 ml vanieljegeursel

Verhit oond tot 170 °C. Spuit twee 20 cm-koekpanne van minstens 7 cm diep met kleefwerende kossproei en voer uit met bakpapier. Sif die koekmeel, suiker, bruinsuiker, kakao, koeksoda, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers, karringmelk, vanielje en olie saam. Voeg die droë bestanddele geleidelik by eiermengsel en klits goed. Maak seker droë bestanddele is goed ingemeng. Voeg koffie by en klits goed. Verdeel beslag tussen die panne en bak vir sowat 45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Plaas die panne op ’n draadrak vir 10 minute. Maak koeke met skerp mes van rand los en keer uit. Laat heeltemal afkoel. Sny bokante van koeke netjies reguit af. Botterversiersel: Room botter in elektriese menger tot lig en romerig. Voeg versiersuiker, kakao en vanielje by. Meng goed. Plaas eerste laag koek op bord. Skep helfte van versiersel bo-op en versprei eweredig met slaplemmes. Plaas tweede laag koek bo-op en smeer met res van versiersel. Sit voor

JONGSTE UITGAWE

Julie/Augustus-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees