book-icon Uitgawe SARIE KOS Lente 2020

Spinasie-en-spek-cannelloni

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange

genoeg vir 4

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie tot warm in middelslagpot. Voeg spek by en braai tot bros. Voeg spinasie by en roer tot gemeng. Verwyder van hitte en krummel ricottakaas oor. Geur goed met sout en peper en meng. Smelt botter in skoon klein kastrol en voeg meel by. Roer met draadklitser tot meel deur botter geabsorbeer is. Gooi melk op een slag by en klits tot klonte opgelos het. Hou aan klits oor lae hitte tot witsous dik en gaar is. Verwyder van hitte en geur met sout en peper. Vul pastabuise met spinasiemengsel (die maklikste is om die mengsel in ’n spuitsak te skep en dan in die buise te spuit). Gooi van witsous in oondvaste bak en smeer gelyk. Pak gevulde buise bo-op. Gooi res van sous oor en maak seker buise is heeltemal bedek. Sprinkel parmesaan oor. Bak vir 20-25 minute of tot pasta sag en gaar is. Sit warm voor met slaai van jou keuse.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees