Deel

Toebroodjiebrood

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
Die Italianers maak iets soortgelyks wat hulle piekniekbrood noem. Dis in die 1900’s uitgedink deur Italiaanse families in New Orleans, Amerika, as alles-in-een-ete vir dié van hulle wat hoog in die lug aan bouprojekte gewerk het. Dié dat die brood gevul is met alles wat jy nodig het!

genoeg vir 2 groot brode

  • 720g (1 280 ml) broodmeel
  • 80 g (140 ml) rogmeel
  • 1x10 g-sakkie kitsgis
  • 15 g sout
  • 525 ml koue water

VULSEL

  • 350 ml suurroom (crème fraîche)
  • 30 snye parma-ham
  • 30 snye beleë cheddar-kaas
  • 2 hande vol vars basiliekruidblare

Plaas broodmeel, rogmeel, gis en sout in die bak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak. Skakel menger aan op medium-spoed en gooi water geleidelik by tot kniebare deeg vorm. Verhoog spoed en knie 10-15 minute of tot deeg glad en elasties is. Plaas in skoon bak wat goed gesmeer is met olie – die bak moet 3 keer groter as die deegbal wees. Maak toe met kleefplastiek en laat op warm plek fermenteer tot dubbel die volume. Herhaal proses nog twee keer. Ná derde rysproses, keer deeg uit op meelbestrooide werkvlak en verdeel in twee ewe groot stukke. Rol netjiese ronde balle. Plaas elke bal in ’n koekpan van sowat 20 cm diep x 15 cm in deursnee wat goed gespuit is met kleefwerende kossproei. Laat rys weer op warm plek tot die panne hoogvol gerys is, sowat 20 minute. Verhit intussen die oond tot 220 °C. Sif ekstra meel oor uitgerysde brode en bak 35-40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel. Gebruik skerp mes en sny brode in skywe (sien foto). Smeer elke skyf met suurroom en pak ham, kaas en basiliekruid bo-op. Stapel snye weer bo-op mekaar en sit voor.

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees