Turkse tulumba

akkreditasie
FOTO Michael le Grange
FOTO Michael le Grange
My soektog na koeksisters van die wêreld het begin toe ek die eerste keer dié resep gelees het; dit het my kop aan die dink gesit. In Turkye is tulumba ’n gewilde straatkos; dis basies chouxdeeg waarby jy semolina inmeng.

genoeg vir 30

STROOP

  • 600 g (750 ml) suiker
  • 850 ml water
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

DEEG

  • 30 ml botter
  • 30 ml suiker
  • 500 ml water
  • 350 g (625 ml) koekmeel
  • 3 eiers
  • 45 ml semolina (kyk by meelrak)
  • 30 ml mielieblom
  • sonneblomolie vir diepbraai

Stroop

Bring suiker en water tot kookpunt in ’n middelslagpot. Kook vir 10 minute. Verwyder van hitte en voeg suurlemoensap en -skil by. Laat afkoel tot koud.

Deeg

Plaas botter, suiker en water in ’n groot pot en bring tot kookpunt. Gooi meel op een slag by terwyl water kook en roer met houtlepel tot deeg in een bal saamkom. Verwyder van hitte en gooi warm deeg in mengbak. Laat effens afkoel. Voeg eiers een vir een by en klop goed ná elke byvoeging. Voeg semolina en mielieblom by en meng goed. Skep mengsel in spuitsak met 1 cm-stertuit. Verhit olie tot warm in ’n groot pot. Spuit deegworsies van so 2-3 cm lank in warm olie en braai tot goudbruin en bros, sowat 2-3 minute. (Moenie te veel deegworsies op een slag probeer braai nie, anders word dit nie behoorlik gaar nie.) Skep uit olie met gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Dompel warm in koue stroop, lig uit en sit voor. (Jy kan dit ook in gekapte neute rol.)

JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees