genoeg vir 16

  • 1 liter versoete vanielje-jogurt
  • 1 x 380 g-blik karamelkondensmelk
  • 16 houtstokkiesplastiek-roomysvorms– kyk by supermark se kombuisafdeling

Verdeel jogurt in twee dele van 500 ml elk. Plaas een helfte in’n middelslag-pot en voeg karamel-kondensmelk by. Roer oor lae hitte met draadklitser om gladde karameljogurt temaak. Verwyder van hitte en laat afkoel. Skep oorblywende vanielje-jogurt en karameljogurt om die beurt in die roomysvorms – dit moet lagies vorm. Druk ’n roomysstokkiein elke vorm en vries 6 uur of oornag. Haal uit vorms en sit voor opgebreekte ys.