* Hierdie resep kom uit SARIE KOS se Herfs 2021-uitgawe, nou te koop!

Warm kekerertjie-en-chorizoslaai

FOTO Michael le Grange vir SARIE KOS Herfs 2021-uitgawe

genoeg vir 6

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 (225 g) chorizoworse, in ringe gesny
  • 2 x 400 g-blikke kekerertjies (chickpeas), gedreineer
  • 400 g kersietamaties, gehalveer
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • hand vol vars basiliekruid, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n middelslagbraaipan tot goed warm. Voeg uie, knoffel en chorizowors by. Braai 5-8 minute of tot uie goudbruin en die wors bros is. Voeg kekerertjies en tamatie by en braai 2 minute. Roer suurlemoensap, -skil en basiliekruid by. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor met brood van jou keuse.