Die lekker ding van paella is alles word saam gaargemaak en almal help hulself sommer so uit die pan.

genoeg vir 6 porsies

* 30 ml olyfolie

* 1 rooi-ui, grofgekap

* 3 knoffelhuisies, fyngekap

* 225 g chorizowors, in skywe gesny

* 500 ml langkorrelrys

* 500 ml witwyn

* 10 ml borrie

* 30 ml paprika

* 2 lourierblare

* 410 g-blik gekapte tamaties

* 1,5 liter hoenderaftreksel

* 18 steurgarnale (prawns), skoongemaak en doppe verwyder

* 2 kg mossels, skoongemaak en geskrop onder lopende water

* 200 g-sak bevrore ertjies

* sout en varsgemaalde swartpeper

* 3 suurlemoene, in kwarte gesny

Verhit olyfolie in paellapan of groot vlak pan. Braai uie en knoffel vir so 2 minute. Voeg chorizo by en braai vir 5 minute. Voeg rys by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi witwyn by en braai tot wyn met helfte weggekook het. Voeg borrie, paprika, lourierblare, tamaties en aftreksel by en meng deur. Maak pan toe met foelie en laat stowe 15 minute. Maak oop en voeg garnale, mossels en ertjies by. Geur met sout en peper. Voeg nog water by indien nodig. Maak pan weer toe met foelie en laat stowe 20 minute of tot rys en seekos gaar is. Sit voor met vars suurlemoenskywe.