WOENSDAG: My ma se gebakte vis en tjips

akkreditasie

Kook stylvol, eet bekostigbaar

Ek is op ’n missie om elke kombuis in die land oor te neem en almal aan die kook te kry! Oor die volgende paar weke wil ek vir SARIE-lesers wys dat jy elke aand vir net R150 (ja, regtig, nie net omdat dit goed klink nie!) vir jou gesin van vier goeie kos op die tafel kan sit.

Ek gaan elke dag ’n resep met julle deel wat ek met net R150 of minder gemaak het. Goeie kos beteken nie duur bestanddele nie, nee, dit beteken eerder goeie gaarmaakmetodes, slim inkopies doen en natuurlik die regte gereedskap gebruik. So kom sit aan en weet dat ons met goeie kos ons wêreld ’n beter plek kan maak! – Herman Lensing

MAANDAG: Varkworsies en pere in mosterdsous

DINSDAG: Tamatie-en-basiliekruidsop

WOENSDAG: Warm caprese-spaghetti

DONDERDAG: Bone-en-frikkadelsop

VRYDAG: Skelviskoekies met mayonnaise

My ma se gebakte vis en tjips

genoeg vir 4-6

Ek gebruik sommer bevrore stokvis uit ’n boks. Laat dit altyd oornag in ’n vergiettes oor ’n bord ontdooi. Dit help dat die water wegdrup van die vis af.

  • 2 liter sonneblomolie vir diepbraai
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 eierwitte
  • 2 takkies tiemie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 340 ml-bottel bier
  • 6 stokvisfilette, oornag in ’n vergiettes in jou yskas ontdooi
  • 1 kg-sak bevrore aartappelskyfies (ek verkies dié wat baie dun gesny is)
  • 250 ml mayonnaise
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 hand vol pietersielie, fyngekap

Metode: 

Verdeel die olie tussen 2 groot potte en verhit tot mediumwarm. Meng die koekmeel, bakpoeier, eierwitte en tiemie saam in ’n groot mengbak. Geur met sout en peper. Meng genoeg bier by om ’n dik, loperige beslag te vorm – dit wat oorbly, mag jy maar drink omdat jy die een is wat kook!

Draai die olie se hitte op tot warm. Doop die visfilette in die beslag en plaas dadelik in die een pot olie.

Gooi ’n porsie aartappelskyfies in die ander pot om te braai tot bros. Herhaal met al die vis en tjips tot jy al jou porsies het. Dreineer die vis en tjips op kombuispapier. Meng die mayonnaise, knoffel en pietersielie saam. Sit die vis saam met die tjips en mayonnaise voor.

Wenk: Stel jou oond op so 120 °C voor jy begin kook. Plaas die klaargebraaide vis op ’n afkoelrakkie binne-in die warm oond. Die afkoelrakkie laat die hitte egalig om die vis versprei en voorkom dat die bros deeg pap raak.

Herman Lensing het Le Creuset se splinternuwe Provence-reeks gebruik om stylvol te kook.

Klik hier om Le Creuset se webtuiste te besoek vir meer inligting.

JONGSTE UITGAWE

Januarie/Februarie 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees