Hoewel sommige bekendes by vanjaar se Golden Globe-toekennings wél op die rooitapyt verskyn het, was die meeste van SARIE se gunsteling-uitrustings "gemaak vir die sitkamer" en beslis nie bedoel vir die rooitapyt nie!

“Glamorous!”

Dit is my beskrywing van die “sitkamer” Golden Globes wat gisteraand plaasgevind het. Die bekendes het uitgehaal en gewys en in die proses bewys dat selfs die pandemie nie hul sterre minder helder kan laat skyn nie. Blink, swart, helder kleure, en uitspattig is waarvan die beste uitrustings by vanjaar se Golden Globes gemaak is.

Hier volg die gunstelinge ... Terwyl almal pragtig gelyk het, was ons groot gunsteling aktrise Anya Taylor-Joy se smaraggroen uitrusting. Anya het het weggestap met die toekenning vir beste aktrise vir haar rol in Netflix se treffer-reeks "Queen's Gambit".

SARIE-gunsteling: Anya Taylor-Joy

Die smaraggroen materiaal gekombineer met 'n lae hals lyk beeldskoon op die aktrise se ligte vel en blonde hare.

Ander gunstelinge

Sarah Hyland

Susan Kelechi Watson

Kate Hudson

Julia Garner

Regina King

Erin Lim

Weereens word daar bewys dat polkakolle ook as 'n formele patroon gedra kan word.

Lily Collins

Nóg 'n wenner: Oscar de la Renta

Die ontwerper Oscar de le Renta is die skepper van drie van ons gunsteling-uitrustings.

Kaley Cuoco

Jane Levy

Amanda Seyfried

Mag hierdie pragtige rokke jou herinner daaraan dat om mooi aan te trek (al is dit net vir jou sitkamer) nooit verkeerd is nie!