Die Emmy-toekennings is een van die grootste glansgeleenthede in die TV-wêreld. Gisteraand was dit nie net die vroue nie, maar ook die mans wat by die Grammy's op die rooi tapyt aandag getrek het.

Magdel Muller, SARIE se mode-stilis, meen veral vyf het uitgestaan danksy die vleiende snit van hul pak.

Hoekom werk dit? "Die strikdas komplementeer die moderne snit," meen Dean Paulse, SARIE se digitale skrywer wat self graag pakke dra.

Só dra jy ’n pak reg

1. Ken jou liggaamsbou en kies dan die regte snit vir jou.

2. ’n Swart of donkerblou pak is tydloos.

3. Bykomstighede soos ’n strikdas en wit hemp is jou beste pasmaats.

4. Dra verkieslik swart of donkerblou sokkies. Lus vir waag? Sokkies met gekleurde patrone is ook nou hoogmode, mits dit stylvol is.

5. As jy staan, maak seker net jou boonste baadjieknoop is toe. Sodra jy gaan sit, moet al die knope los wees. Dit lyk net netjieser!

Ons gunsteling-pakke:

1.       Milo Ventimiglia

FOTO Getty Images/ Gallo Images

2.       Ricky Martin

FOTO Getty Images/ Gallo Images

3.       John Legend

FOTO Getty Images/ Gallo Images

4.       Justin Timberlake

FOTO Getty Images/ Gallo Images

5.       Brad Goreski

FOTO Getty Images/ Gallo Images