Hy mag net 23 wees, maar die Oscar-benoemde Timothée Chalamet is nou ook Hollywood se mees invloedrykste man wanneer dit by mode kom.

Die mode-webwerk Lyst het hul lys van 10 invloedrykste en stylvolste mense bekend gemaak.

Nommer 1 op die lys is die hertogin van Sussex, Meghan Markle. Timothéé het die tweede plek behaal en die Amerikaanse aktrise Zendaya is derde.

Die hertogin van Sussex, Megan Markle, het eerste plek behaal. FOTO Instagram / Sussex Royal
Zendaya het derde gekom. FOTO Instagram / Zendaya

Volgens die SARIE-stilis, Magdel Muller, sit Timothéé vir die stylvolle Harry Styles ore aan. “Hy fokus op die kleiner detail, wat ’n uitrusting kan maak of breek. Hy is ook nie bang op patrone te meng nie of ’n uitspattige pak te dra nie. Juis daaroor is hy die stylvolste man.”

Van Timothée se styloomblikke in 2019:

LONDON, ENGLAND - OCTOBER 03: Timothee Chalamet at
FOTO Getty Images / Gallo Images
VENICE, ITALY - SEPTEMBER 02: [Editor's Note: Im
FOTO Getty Images / Gallo Images
SYDNEY, AUSTRALIA - OCTOBER 10: Timothee Chalamet
FOTO Getty Images / Gallo Images
BUSAN, SOUTH KOREA - OCTOBER 08: Actor Timothee Ch
FOTO Getty Images / Gallo Images

Hier is Lyst se Top-5:

1. Meghan Markle, hertogin

2. Timothée Chalamet, akteur 

3. Zendaya, aktrise

4. Billie Eilish, sanger

5. Cardi B