Op Sondag 5 Januarie 2020 het die rooitapyt-seisoen vir die nuwe jaar amptelik afgeskop. Dit was die jaarlikse Golden Globes-toekennings waar sterre van die rolprent- en TV-genre bekroon is. 

Die Britse regisseur Sam Mendes is aangewys as beste regisseur vir die oorlogsdrama 1917 - die rolprent is ook die wenner in die beste drama-kategorie.

Renée Zellweger is aangewys as beste aktrise in die drama-kategorie vir haar vertolking van ontslape Hollywood-ikoon Judy Garland in Judy.

Die komediant Akwafina se vertolking in die rolprent The Farewell is bekroon met beste aktrise in die komedie-genre. Die akteur Joaquin Phoenix se vertolking van The Joker is aangewys as die beste in die kategorie vir beste akteur drama. En Taron Egerton se vertolking van Sir Elton John in Rocketman het hom in die kategorie van beste akteur komedie laat seëvier. 

Op die rooi tapyt was daar ook ’n wenners. Die Oscar-wenner Cate Blanchett het treffend in haar bottergeel rok gelyk, terwyl die Golden Globe-wenner Jennifer Aniston die koppe laat draai het in ’n klassieke swart rok. Die Amerikaanse aktrise Zoë Kravitz het ongelooflik gelyk in haar polkakol-uitrusting. 

Hier is die bekendes wat op die rooi tapyt gewen het. 

Cate Blanchett

Jennifer Aniston

Zoë Kravitz

Phoebe Waller-Bridge

Joey King

Zoey Deutch

 

Helen Mirren

Gwyneth Paltrow