Daar is twee goed waarsonder koningin Elizabeth II nooit die paleis sal verlaat nie ... ’n handsak en ’n pêrelhalssnoer.
Maar deesdae dra ook die Britse sanger Harry Styles graag pêrels en dis glad nie so vreemd soos dit dalk klink nie. Jare gelede was pêrels ook hoogmode onder mans. Koning Henry VIII (1491-1547) het gereeld pêrels by sy uitrustings gedra.
Harry is ook nie al moderne man wat van pêrels hou nie, die Grammy-wenner Pharrel Williams word ook gereeld met ’n string gesien.