Gisteraand tydens halftyd van die NFL Super Bowl het Grammy-wenners Shakira en Jennifer Lopez, oftewel Jenny from the Block, behoorlik hul heupe gewaai. 

Die twee Latinas het gedans, gesing en die skare op hul voete gehad tydens die gebruiklike halftyd-Super Bowl-konsert. Ander groot name wat al daar opgetree het, sluit in Lady Gaga, Michael Jackson, Beyoncé, Madonna en Bruce Springsteen.

Hier is Lady Gaga se optrede in 2017:

Die jaarlikse vertonings word haarfyn beplan en die kostuums spesiaal ontwerp. Dis dus geen verrassing dat die twee vroue behoorlik uitgehaal en gewys het nie. 

Shakira het op die verhoog in ’n tweestuk van bloedrooi blinkers verskyn om haar gewilde liedjie “She Wolf” te sing.

 

Die uitrusting is deur Peter Dundas ontwerp.

 
FOTO Instagram / @peter_dundas
FOTO Instagram / @peter_dundas
FOTO Instagram / @peter_dundas
FOTO Instagram / @peter_dundas
FOTO Instagram / @peter_dundas
FOTO Instagram / @peter_dundas

Onthou jy nog die animasiefliek Zootopia? Shakira, wat een van die stemkunstenaars was, het dieselfde uitrusting aangehad as haar karakter in die fliek.

Sy het ook tromme en elektriese kitaar gespeel.

 

Jennifer Lopez het verskyn in verskeie skeppings deur Versace, ’n modehuis met wie sy al lank ’n pad stap - dink maar aan haar ikoniese palmboom-rok. 

Een het Versace glo meer as 700 uur geneem om te voltooi.

J-Lo het ’n politieke stelling gemaak toe sy ’n vlag van Porto Rico omhoog gehou het.

Maar haar 11-jarige dogter, Emme, het die kollig gesteel toe sy ook op die verhoog verskyn om te sing. Dit lyk of sy in haar ma en musikant-pa, Marc Anthony, se voetspore gaan volg!

Instagram, Facebook en Twitter het behoorlik gegons.

Suid-Afrika is ook verteenwoordig toe Shakira haar Sokkerwêreldbeker-lied “Waka Waka”, wat sy spesiaal vir die 2010-toernooi in Suid-Afrika geskyf het, gesing het. J-Lo het saam met haar die lirieke uit volle bors gesing.

Kyk die volledige vertoning: