Vir talle aanhangers was die afgelope twee weke ’n bittersoet afsluiting van ’n koninklike hoofstuk. Die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en Meghan Markle, het hul laaste verpligtinge as senior lede van die Britse koninklike huishouding aangepak. Die paartjie gaan van April af die wêreld op hul eie terme aanpak. Wat gaan dit presies behels? Die paartjie het nog nie veel gedeel nie, hoewel dit glo opwindende projekte insluit.
Tog, ten spyte van hul swanesang, het Meghan seker gemaak dat sy haar beste modevoet te vore sit. Sy het fantasties gelyk!
Eers het sy ’n turkooisblou rok deur Victoria Beckham gedra vir die 2020 Endeavor Fund-toekennings in Londen. Volgens die kleurkenner Lien Potgieter simboliseer hierdie kleur kommunikasie en selfvertroue.