Oscars: Hier is die rooitapyt-wenners!

akkreditasie
FOTO’S Getty Images / Gallo Images
FOTO’S Getty Images / Gallo Images

Die groot aand het uiteindelik in Los Angeles, oftewel Lalaland, aangebreek: die Oscars.

Soos wyd voorspel is, het Renée Zellweger die Oscar vir beste aktrise vir haar spel in Judy gewen en Joaquin Phoenix is as beste akteur aangewys vir Joker. Laura Dern is die beste vroulike byspeler (Marriage Story) en Brad Pitt beste manlike byspeler (Once Upon a Time in Hollywood). Maar die grootste verrassing van die aand was die wenner van die Oscars vir beste rolprent en beste regisseur. Die Britse rolprent 1917 en regisseur daarvan, Sam Mendes, was die gunstelinge. Die Suid-Koreaanse fliek Parasite het egter in albei kategorieë gewen, en ook die Oscar vir beste oorspronklike draaiboek besorg aan Bong Joon-ho.

Die rooi tapyt was vanjaar egter soos ’n middelmatige poeding, ’n louwarm tee, ’n gereg wat bietjie sout kort. Volgens SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, was die va-va-voom effe ontbrekend. “Swart, wit en metaal was van die gunstelingkleure. Ook rooi, maar die rokke het nie my asem weggeslaan nie. Asimmetriese neklyne was ook gewild.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
JONGSTE UITGAWE

Maart/April 2022

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees