Styl, dis iets wat geld nie kan koop nie. Om stylvol te wees beteken nie jy dra die nuutste tendense en koop net luukse handelsmerke nie. Dit gaan veel eerder daaroor om jouself te stileer om goed versorgd en nie slonsig te lyk nie. Tendense kom en gaan, die nuutste modes is in ’n oogwink verby, maar jou persoonlike styl bly vir ewig.
Indien jy nog sukkel om jou styl-voete te vind, is hier nege geheime wat die SARIE-modespan en vier stylvolle vroue, Melania Trump, Meghan Markle, Kate Middleton en Amal Clooney, kan deel.
Moenie klere koop wat jou nie pas nie, net sodat jy jou in ’n kleiner nommer moet inwurm of die item soos ’n sak aan jou hang nie. Jy mors net geld en boonop lyk dit slordig.