Min mense besef hoe veeldoelig ’n denimhemp is, baie dink dít kan net op een manier gedra word. Maar die denimhemp is ’n  fantastiese beleggin en pas by enigiets! 

Magdel Muller, SARIE-stilis, wys jou drie maniere hoe.

Uitrusting 1

’n Denimhemp as deel van ’n informele uitrusting hoef nie altyd net denim-op-denim te wees nie. Speel met teksture en patrone, onthou ‘n denimhemp pas by enige item.

 
Denimhemp Uitrusting 1
Denimhemp Uitrusting 1


Uitrusting 2

Denim-op-denim is die een uitrusting wat baie mense vermy, want niemand wil soos 2001 se denim-op-denim Britney Spears en Justin Timberlake lyk nie. Maar jy hoef nie te bekommer nie - die geheim: swart en denim is jou beste kombinasie vir ’n formele voorkoms. 

Denimhemp uitrusting 2
Denimhemp uitrusting 2


Uitrusting 3

Vrolik en vroulik. Dra jou denimhemp saam met ’n romp of onder ’n rok.

 
Denimhemp uitrusting 3
Denimhemp uitrusting 3


Raad vir ou denimhemp

Voel jy jou denimhemp lyk ’n bietjie uitgeblyk, moenie dit uitgooi nie, dip dye of gooi dit net in Jik - uitgebleikte denim is hoogmode. ’n Denim hemp kan ook as ’n “baadjie” ook gestileer word.