’n Noupassend-, kêrelsnit- en ma-jeans is steeds gewild vir hierdie winter. Maar daar is ’n nuwe snit wat die SARIE-modespan se aandag getrek het. Die middelsnitjean met ’n enkellengte - die pype is of reguit of semi-uitgeklok. Hoekom is hierdie denimbroek ’n moet? Dis baie vleiend, dit sny jou op jou middel en enkels dus lyk jy opslag langer.

Noupassende jeans, kêrelsnit jean en “mommy” jeans is nog steeds ‘n jean wat jy sien op die strate, so moenie daardie jean wegpak nie, maar daar is ‘n nuwe snit jean waaroor ons gaande is. Dit is die middelsnit, enkel lengte reguitpyp of semi-uitgeklokte broekspyp. Hierdie jean is ‘n baie vleiende snit ook, dit sny jou op jou kleinste gedeelte, naamlik jou middle en enkels en laat jou bene opslag langer lyk.

Bekendes en modekenners dra ook graag hierdie styl. Boonop kan jy dit stileer as formeel of informeel.

Vinnige inkopie-uitrusting: Dra dit só

Stileer die jean met ’n T-hemp en ’n baadjie of jas bo-oor, dra stewels of tekkies by dit. Jy kan selfs net ’n trui saam met dit aantrek. 

View this post on Instagram

A post shared by I Love Street Style (@ilovestreetstyle) on


Formele uitrusting: Dra dit só

’n Mooi bloes en hoë hake of stewels is ’n wenner saam met hierdie jean.