As 2020 een positiewe ding opgelewer het was dit die (her)verskyning van die polkakol. Ja, die tendens is vollop vir die opkomende somer.
Persoonlik verkies ek ’n kledingstuk met groot kolle. Nie net maak dit ’n stelling nie, maar jy spot dit sommer van ver af. Teen die tyd weet julle hoe voel ek oor ou modereëls ... (Kug) Onnodig. Ongelukkig het die nederige polkakol ook ’n lastige reël: Jy kan dit net vir informele geleenthede dra. Twak man! Dis bog, net soos wat jy kamstig nie pienk en rooi mag saamdra nie.
Polkakolle, veral vol groot kolle, is baie vleiend en geskik vir enige geleentheid. Moenie onnodig reëls volg nie, mode is juis ’n manier om jouself uit te druk. Daar is egter ’n tyd en plek om sekere lengtes te dra. My gunsteling lengte ’n is defintief ‘n midi. Dit werk vir beide kort en lang vroue.
Wil jy nog langer lyk? Stileer jou midi saam met nude skoene of selfs punt skoene. Maar wie kan nee sê vir ’n stylvolle en gemaklike tekkie? Ja, jy kan dit saam met jou rok aantrek.
Terug na polkakolle! Hoekom is ek so ’n aanhanger van polkakolle? Dis nie net ’n vrolike patroon nie, dis ook ’n patroon wat jy maklik met ander patrone en motiewe kan kombineer soos luiperd, blomme en selfs strepe. Die geheim? Stileer dit net slim.
In SARIE se September-uitgawe het die SARIE-modespan vir Jonadrie Van Aardt, SARIE se eerste wenner van Nuwe Gesig, in ’n polkakol-rok, tekkies en denimbaadjie stileer.
In dieselfde uitgawe dra die model Charissa Snyman van Boss Models dieselfde H&M-rok met pienk hakskoene en ’n naaswit handsak van Witchery, asook ’n mini-skouersak van Colette Hayman by Foschini.
Magdel se drie uitrusting-idees
Die rok is perfek vir formeel, semi-formeel, informeel, ’n troue, ’n kombuistee en selfs ’n baba-tee. Jy kan dit werk toe dra of selfs op ’n afspraak saam met ’n geliefde. Die veeldoelige item kos net R329!
Uitrusting 1: Formeel
Die geleentheid kan ’n enige formele geleentheid soos ’n troue wees.
Koop die uitrusting:
H&M rok R329
Hakskoene, Christian Laboutin, NET-A-PORTER.com
Leerbaadjie, Mango
Hoed, Lack of Color
Halsnoer, Zara
Middelsak, Zara
Skouersak, Steve Madden
Ring, Swarovski
Uitrusting 2: Informeel
Dié uitrusting is perfek vir ’n babatee, kombuistee of selfs ’n koffie-afspraak.
Koop die uitrusting:
Skoene, Zara
Serp, Burberry by Net-A-Porter
Sonbril, Dolce&Gabbana by Sunglass Hut
Oorbelle, Lovisa
Skouersak, Aldo
Ring, Swarovski
WENK: Bind die serp om jou middel vir 'n moderne voorkoms
Uitrusting 3: Semi-formeel
Hierdie uitrusting is perfek vir werk.
Koop die uitrusting:
Hemp, Country Road
Hndsak, Zara
Hakskoene, Poetry
Ringe, Aldo
Brooch, Gucci by Net-A-Porter.com
Brilraam, Gucci by SSENSE
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET