Deel

Vinniger as bloot op ’n drafstap – maar net as jy die perfekte draftekkies dra

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Party van ons is drafjunkies, terwyl ander weer hul tekkies diep in hul kas weggesteek het. Die draf-gier wen deurentyd meer veld. Maar hoe weet jy watter tekkies die beste vir jou gaan werk?
Foto: Venti Views/unsplash.com
Foto: Venti Views/unsplash.com

Ja, hierdie soort skoen het ’n wêreld en wetenskap van sy eie en dit is ’n duur belegging. Daar is ’n tekkie vir elke tipe voet en hardloopstyl, juis daaroor is dit belangrik om rég te kies.

5 wenke om die regte paar te kies

Volg hierdie wenke en raadpleeg jou naaste sportwinkel.

Wenk 1: Maak seker dis vir hardloop

Anders as jou gewone dra- of modetekkies, is hierdie draftekkies spesifiek ontwerp om te keer dat jy ’n ernstige besering opdoen.

Dit absorbeer nie net die skok nie, maar bied ook ekstra ondersteuning vir jou voet. As jy hou van mooi skoene, wees gerus, daar is baie mooi draftekkies op die mark.

  • Maar onthou dit moet reg wees vir jóú voete.

Wenk 2: Die regte pasmaat is noodsaaklik

Klink vanselfsprekend, maar as jou tekkies nie reg sit of pas nie, gaan dit jou hele draf-ervaring onaangenaam maak.

Onthou: Die beste tyd om ’n tekkie aan te pas is in die namiddag of aand. Hoekom? Jou voete is geneig om te swel gedurende die dag en as jy hardloop, sodoende sal jy presies weet as die tekkie jou onnodig druk.

Maar dit moet jou pas, dit moenie jou seermaak of te los sit nie, jy moet omtrent nie eers dit voel nie.

  • Jy kry ’n “skraal” tekkie en ’n “wye” tekkie. Gewoonlik is mans se tekkies ’n D, terwyl vroue s’n ’n B is.

Wenk 3: Kies die regte tipe tekkies

Ons het gesê dís ’n wetenskap. Jy kry drie tipes: Elkedag, liggewig, grondpad (trail).

  • Elke dag

Hierdie tekkie is geskik vir veeldoelige hardloop-aktiwiteite van grondpad tot teerpad. Dit hou langer en is duursaam.

  • Liggewig

Hierdie tekkie is spesifiek vir diegene wat vinniger wil hardloop of aan wedlope wil deelneem. Hierdie tipe tekkie moet vinniger vervang word.

  • Grondpad

Die tekkies het meer grip onder en die bokant is ook sterkter. Dit bied goeie weerstand teen weer of uitdagende hardloop omstandighede.

Wenk 4: Weet waarvoor jy betaal

Net oor die tekkie duur is beteken dit nie, dit pas by jou voet of omstandighede nie. Die meeste winkels het assistente wat jou kan help om ’n ingeligte keuse te maak.

Wenk 5: Hoogte

Party verkies ’n minimale kussinglaag tussen hul voete en die grond. Maar vir die meer “natuurlike”, amper gevoel van kaalvoet draf, verkies ander drawwers vir maksimale kussinglaag.

Tekkies wat by jóú tempo pas*

Vir spoed

Nike
Nike

Nike, Totalsports

New Balance
New Balance

New Balance, Totalsports

Under Armour R2 999
Under Armour R2 999

Vir daagliks hardloop

Hoka One One
Hoka One One

Hoka One One, takealot.com

Adidas
Adidas

 Adidas, Totalsports

Under Armour R2 799
Under Armour R2 799
Under Armour R1 599
Under Armour R1 599

Vir grondpad

Asics
Asics

Asics, takealot.com

Nike
Nike

Nike, takealot.com

Under Armour R1 699
Under Armour R1 699

Bron: Running Warehouse

* Pryse onderhewig aan verandering sonder voorafkennisgewing.

Sluit aan en draf saam met SARIE!

Vergeet die raad wat jy by “kenners” om die koffiekan kry – ons het met SA se top-kundiges saamgespan en SARIE Draf Dit Af op die beste verslankingsformule gegrond.

Skop jou verslankingsreis af en kry ’n splinternuwe lyf in net 12 weke! SARIE Draf Dit Af is ’n aanlyn platform wat geskik is vir mans en vroue van alle ouderdomme en liggaamstipes.

Dit bevat maklik volgbare weeklikse oefensessies wat vet verbrand en ’n professioneel-ontwikkelde kilojoule-beheerde eetplan. Die twee werk saam om verstommende resultate te lewer.

JONGSTE UITGAWE

Mei/Junie-uitgawe

JONGSTE UITGAWE
SARIE is dié glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika.
Begin lees
Nuusbriewe: Registreer gratis

Registreer vir ons nuusbrief en bly op hoogte van die jongste SARIE-nuus.

Klik vir nuusbriewe
SLIMMER MET SARIE

Tuiskokke, raak slimmer met SARIE!

SLIMMER MET SARIE
Skerp jou vaardighede op met Herman Lensing se kookkursus.
Sien meer
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
SARIE BRUID: (VER)KOOP MY ROK EN ANDER DIENSTE
Splinternuut! Nou kan jy ander bruide inspireer met jou trourok, -produk of -diens. Of inspirasie vir jou droomtroue binne die SARIE-wêreld kry.
Begin lees